'

Tuisblad
Tuisblad

Hierdie is die amptelike webtuiste van Die Bybel: 'n Direkte Vertaling en soos die vertaling vorder, sal meer inligting hier verskyn.

Die doel van hierdie Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.

 

 

 

 

 

 

Wat is nuut

Die Nuwe Testament en Psalms: 'n Direkte Vertaling is in Maart 2014 gepubliseer as 'n voorsmaak van Die Bybel: 'n Direkte Vertaling. Dit is nog nie die finale teks nie, maar verteenwoordig tekste aan die einde van Fase 2 soos elders op die webblad uiteengesit word (Vraag en antwoord: Verduidelik hoe die werk gedoen sal word).